paroles de chanson / Nádine parole / Tiekie Se Koffie lyrics  | ENin English

Paroles de Tiekie Se Koffie

Interprète Nádine

Paroles de la chanson Tiekie Se Koffie par Nádine lyrics officiel

Tiekie Se Koffie est une chanson en Afrikaans

Met ‘n tiekie se koffie en ‘n shilling se kaartjie
Klim ek op die trein na die Kaap
Met ‘n streepsak vol drome en ‘n hart vol verlange
Kom haal ek jou onder in die Kaap

Want jy het gesê as die stof gaan lê dan moet
Ek jou kom haal
Op my ysterperd ja die blinkvosperd kom ek
Om jou te haal

Die ysterwiele sing deur die droë Karoo
Ek verlang vanaand na die lag in jou oë
Hier in Beaufortwes sny die wind deur my
Waar ek afspring om ‘n tiekie se koffie te kry

Dan begin die wiele stadig weer draai
Nader nog nader aan jou
En êrens hoor ek weer daardie hoenderhaan kraai
In die veld waar die gousblomme waai

Met die somersnagreën het die druppels kom neerval
Die koring staan groen op die land
Dis vreugde op Vaalkrans waar die druppels in die stof dans
En my hart sing op die wiele na jou

Want jy het gesê as die stof gaan lê dan moet
Ek jou kom haal
Op my ysterperd ja die blinkvosperd kom ek
Om jou te haal

Die ysterwiele sing deur die droë Karoo
Ek verlang vanaand na die lag in jou oë
Hier in Beaufortwes sny die wind deur my
Waar ek afspring om ‘n tiekie se koffie te kry

Dan begin die wiele stadig weer draai
Nader nog nader aan jou
En êrens hoor ek weer daardie hoenderhaan kraai
In die veld waar die gousblomme waai
Waar die gousblomme waai
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Tiekie Se Koffie

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas de la croix
2| symbole en haut de la loupe
3| symbole en bas du coeur
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid