paroles de chanson / Elandré Schwartz parole / Ons Word Een Medley lyrics  | ENin English

Paroles de Ons Word Een Medley

Interprètes Elandré SchwartzTarryn LambJuan BoucherTheuns JordaanKurt DarrenLeahJuanita du Plessis

Paroles de la chanson Ons Word Een Medley par Elandré Schwartz lyrics officiel

Ons Word Een Medley est une chanson en Afrikaans

Die son is op ons spoor
Fluister asem in my oor soos 'n Engelkoor
Die dag begin van voor

Ek los jou nou alleen
Ure vat my oral heen ek dra jou saam met my
Om my deur die dag te kry

Helderaande mooi beskrywings wemel binne my
Soveel mooi herinneringe jy aan my sy

Onbeskryflik
My woorde kan dit nooit verduidelik
Dit wat ek in my voel oor jou
Dink van jou hier en nou
Onbeskryflik
Onbeskryflik

Is dit die volmaan wat my so onkant vang?
Is dit die stille nag wat soos soene val?
Gaan ons maar eerder lê?
Ek wil saam met jou onder die sterre lê

Ek was gevind maar verlore
Ek was al hier van tevore
En dit speel weer voor my af en ek weet hoe dit gaan eindig vanaand

Is dit die volmaan wat my so onkant vang?
Is dit die stille nag wat soos soene val?
Gaan ons maar eerder lê?
Ek wil saam met jou onder die sterre lê

Is dit die aanhou hoop wat so om ons loop?
Is dit die stad se raas wat ons mis vanaand?
Gaan ons maar eerder lê?
Ek wil saam met jou onder die sterre lê

Daar's ‘n dag
En ‘n plek
Waar iemand oor jou pad sal loop
Jy is die eenigste jy is die hoop dis hoekom jy weet
Dit nooit sal werk met iemand anders nie

Jy's die rigting jy's ‘n droom
Net ‘n drupel in ‘n water stroom
Kom trek die lyn waar jou lyf aan hierdie kussings raak
Ons raak dieper as die diepste blou en dis alles oor jou

Ons word een in siel en gees
En dis daar waar ons wil wees
Ek's gemaak om vir jou lief te wees

Ons word een een in nou en een in gees
Een in jou en een in vlees
Ek's gemaak om vir jou lief te wees

Vier woorde jy kry en verloor dit ek’s lief vir jou
Jy’t gesê dis verewig maar waar is jy nou?

Sal eerder blind raak
As om julle saam te sien
Hoe jy haar hande vat in joune
En nie meer aan my dink nie dis net te veel vir my
Is dit nou heel verby?
Sal eerder blind raak

Vier woorde jy kry en verloor dit ek’s lief vir jou (Ek's lief vir jou)
Dis so maklik gesê maar ek wonder waar is dit nou? (Vier woorde)
Vier woorde wat jy my belowe ek’s lief vir jou (Ek's lief vir jou)
Jy’t gesê dis verewig maar waar is jy nou?

Tussen lakens mis ek jou lyf
Kollekteer ek wapens om geeste uit te dryf
Ja tussen die lakens
Raak ek te skaam
Lees jy vir my woorde al wat ek sing is jou naam

Ek onthou jou op my vensterbank sit
En in een sekonde was my gryshart weer wit
Jy met jou hare
En ek met my trane
Soos jy vir my sê
Dat jy oor die water gaan

Sit my in jou sak soek my waar jy gaan
En kyk so nou en dan
Op na die maan en weet ek kyk ook
En ek onthou
Ja ek onthou jou
Ja ek onthou jou

Die horison het oop gevou voor my, oor my
Die somerwind het jou ingedra
En neergesit reg voor my

My stofpad kry weer groenigheid by jou, oor jou
Die Suiderkruis in jou hart wys my
Die plek wat ek onthou

Jy’s die stem in die stilte wat agter bly
Na al die storms en die reën om my
Jy hou die plek waar my hart wil rus
Net jy weet wie ek werklik is

Die stem in die stilte wat agter bly
Na al die nag se geraas om my
Jy’s die stem in die stilte wat agter bly
Na al die nag se geraas om my
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Ons Word Een Medley

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de l'oeil
2| symbole à droite du téléviseur
3| symbole en bas de l'appareil photo
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid