paroles de chanson / Coenie De Villiers parole / Tatoe lyrics  | ENin English

Paroles de Tatoe

Interprète Coenie De Villiers

Paroles de la chanson Tatoe par Coenie De Villiers lyrics officiel

Tatoe est une chanson en Afrikaans

Daar is dorings om my arms
Daar's 'n partytjie in my kop
Die man wat my beskilder sê, jou rug is amper op
Daar's nog 'n stukkie by die skouer
Daar's nog ruimte in jou nek
Maar vertel dit die verhale, jou hele lyf bedek

Op elke vinger is a letter
Dit spel, love en dit spel, hate
Maar ek weet ek moet vergewe, dit word soos kanker die verwyt
Wat my volg al langs die kronkels
Van die slang hier op my been, tot by sy tande in my hakskeen
Dis by die samoerai geleen

Jesus is liefde, lees die ink op my bors
Ek smag nog daarna, ek pyning steeds dors
Daar's 'n hart met 'n pyl, en 'n roos met 'n lem
Deur sy blare van bloed, dis 'n kreet
Sonder stem

Dis mos 'n teken die vir wysheid
Hierdie yin en hierdie yang
Wat oor my armspier gly
Nogsteeds bly ek nog bang
Vir die drake wat so vuur spoeg
En krioel hier oor my rug
Dis vir myself en ook vir hulle
Dat ek so binnewaarts moet vlug

My ma se naam was Hannah
Dis haar traan hier op my wang
Wat so blou virewig boeg
En wat sê dat ek verlang
Na haar stem wat telkens roep, hier deur die skemer van my siel
Want ook sy het iets geweet
Van die lewe se verniel

Jesus is liefde, lees die ink op my bors
Ek smag nog daarna, ek pyning steeds dors
Daar's 'n hart met 'n pyl, en 'n roos met 'n lem
Deur sy blare van bloed

Jesus is liefde, lees die ink op my bors
Ek smag nog daarna, ek pyning steeds dors
Daar's 'n hart met 'n pyl, en 'n roos met 'n lem
Deur sy blare van bloed, dis 'n kreet
Sonder stem
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Tatoe

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de la loupe
2| symbole à gauche du cadenas
3| symbole en haut de la cible
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid