paroles de chanson / Coenie De Villiers parole / Julie, Kaap St Francis lyrics  | ENin English

Paroles de Julie, Kaap St Francis

Interprète Coenie De Villiers

Paroles de la chanson Julie, Kaap St Francis par Coenie De Villiers lyrics officiel

Julie, Kaap St Francis est une chanson en Afrikaans

Daardie jaar in Kaap St Francis, het dit elke dag gereën
Die muur was muf maar jy't gesê, dis die Here wat so ween
Oor al die hartseer in die wêreld, en oor die mensdom so baklei
Toe het jy gevra, is daar nog wyn, en is jy nog lief vir my?

Jy was weerloos soos die winter
Onrustig soos die wind
Wat om die huis gewaai het om 'n vastrap plek te vind
Soos 'n kind het jy gaan skuiling soek in jou ma se wolkombers
Ek was eenkant op my eie met 'n onvoltooide vers

Maar dan tap ek vir ons water, en ek sê, kom bad met my
Dis ons verweer teen hierdie koue
Hoe ons ons liefde kan belei
Want dis die weelde van die water, en die weerloosheid van stoom
Wat jou knus en so beskut hou
Wat jou met warmte beloon

Dis behaaglik hier binne, sê jy en leun jy terug
En ek sit by jou voete met die kraan teen my rug
Daar's 'n kers op die vloer, daar's Rodriguez op viniel
So vind ons 'n ewewig, so leef ons
Die verniel

Bedags lees ek Neruda
En jy lees Baudelaire
Al stoot onweer oor die see op soek jy iewerster 'n ster
Wat vir jou rigting kan bepaal, wat kan aandui waar is noord
Jy soek die veraf anker, wat jou laat glo dat jy behoort

Maar dan tap ek vir ons water, en ek sê, kom bad met my
Dis ons verweer teen hierdie koue
Hoe ons ons liefde kan belei
Want dis die weelde van die water, en die weerloosheid van stoom
Wat jou knus en so beskut hou, wat jou met warmte beloon

Dis behaaglik hier binne, sê jy en leun jy terug
En ek sit by jou voete met die kraan teen my rug
Daar's 'n kers op die vloer, daar's Rodriguez op viniel
So vind ons 'n ewewig, so leef ons
Die verniel
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Julie, Kaap St Francis

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de l'étoile
2| symbole en haut du pouce en l'air
3| symbole à gauche de l'enveloppe
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid