paroles de chanson / Adam Tas parole / Die Blommetjie Medley lyrics  | ENin English

Paroles de Die Blommetjie Medley

Interprètes Adam TasRicus NelRefentseKrone

Paroles de la chanson Die Blommetjie Medley par Adam Tas lyrics officiel

Die Blommetjie Medley est une chanson en Afrikaans

‘n Skraal wind waai oor nghoeniebosse op die pad buite Uniondale
Elke Paasnaweek staan die spookmeisie daar as die herfswind hoeka al huil
Met haar lang swart hare onder sekelmaan tuur sy oor die vlaktes haai
En haar klere blink spookagtig saam en haar duim vra om haar op te laai

En die kammanassie bergspook huil as hy klippe berg-af rol
En die spookmeisie van Uniondale wat duimry en droewig sing

Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein-Karoo
Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein-Karoo

Jy staan alweer voor my deur en sê ek moet jou weer terug neem
Jy wat my al talle maal so seer gemaak het en dan net lag
Jy wat ander manne vat en dan dink dis net 'n spel
Luister mooi wat ek nou vir jou sê

Ek wil jou nooit weer sien
Die lewe is te kort daarvoor
Ek wil myself geniet
Daar bly nog duisend vreugdes oor

Ek wil myself bevry
Om nooit ooit weer deur een soos jy te lei (Ek wil jou nooit weer sien)
Toe loop nou
Ek wil jou nooit weer sien
Ek wil jou nooit weer sien nie

Lui, lui, telefoon, telefoon, telefoon, lui, lui
Lui, lui, telefoon, telefoon, telefoon, lui, lui
Lui, lui, telefoon, telefoon, telefoon, lui, lui
Lui, lui, telefoon, telefoon, telefoon, lui, lui

Want Saterdagaand wil ek weer vir hom sien
Hy't gesê hy kom my haal in sy limousine
Lui, lui, telefoon, telefoon, telefoon, lui, lui
Lui, lui, telefoon, telefoon, telefoon, lui, lui

Ramaja, sy naam is Ramaja
Hy kom uit Afrika, ek wil hom gunste vra
O Ramaja, toordokter Ramaja
Sal jy vir my kan sê waar liefde lê?

Hietjie brrr bapa as hy dolos gooi
Hietjie brrr bapa om die vure rooi
Rom-tom-tom in die donker woud
Hietjie brrr bapa is die liefde koud

Ramaja, jou naam is Ramaja
Jy kom uit Afrika, ek wil jou vra

Kyk hoe sluit die son die hemel oop
Kyk hoe wyk die nag voor die dag
Kyk hoe word die see in goud gedoop
Kyk hoe bloos die strand vol van hoop

Gedagtes vat my soos 'n kolk wat draai
Deur die newels na Victoriabaai
Waar die branders in die skuim rond waai
Styg my hart tot waar die seemeeu draai

Ai ai ai ai ai ai ai
Ai ek wens ek was nou daar
Ai ai ai ai ai ai ai
Op my kliptroon by Victoriabaai
Op my kliptroon by Victoriabaai
Op my kliptroon by Victoriabaai
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Die Blommetjie Medley

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche du cadenas
2| symbole à gauche de l'oeil
3| symbole en bas de la cible
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid