song lyrics / Liezel Pieters / Liedjie Vir Jou Medley lyrics  | FRen Français

Liedjie Vir Jou Medley lyrics

Performers Liezel PietersRefentseNádineManie Jackson

Liedjie Vir Jou Medley song lyrics by Liezel Pieters official

Liedjie Vir Jou Medley is a song in Afrikaans

Hou jy my vas
Of droom ek in ‘n ander land?
Want ek kyk soms deur oë vol sand
Hou jy my vas?

Staan ons alleen
Of fluister daar ‘n stem naby?
Wat sê jy’s altyd hier by my
Staan ons alleen?

Dit help nie ons verduidelik wie die fout begaan nie
Weet nie wie van ons sal dit gou verstaan nie
Hier by my sal die antwoorde nie gou verskyn nie
Vrae oor jou sal nooit verdwyn nie
Sal ek bitter bly en jou nooit weer bel nie?
Hoe sal jy dit weet as ek jou nooit vertel nie?

Bly
Jy’s my begin en einde bly
Jy vul my leë lyne bly
Ek sal stap vir myle
Jy sê jy sal kruip oor duine

Bly
Jy’s my begin en einde bly
Jy vul my leë lyne bly
Ek sal stap vir myle jy
Sê jy sal kruip oor duine bly
Jy’s my begin en einde

Ek dink vanaand aan jou en aan die Wildekus se golwe
Ek dink vanaand aan jou en aan die eindelose strand
Ek dink aan rotskastele watervalle na benede
En beestepadjies sukkel oor die rand

En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dat jy die woorde sou verstaan
Ja ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet sou weer ’n vonkel in jou oë bring

Ek het jou dopgehou met 'n jas in jou hand
Deur doeane gespook na 'n nuwe land
Jou oë was nat gehuil maar jou hart was braaf
Mens is eenkeer jonk mens is eenkeer laf

Daar lê 'n vreemde daarbuite lê 'n pond of twee
Selfs die liefde kan wag ja die tyd sal leer
Maar ek moet nou gaan ek sien jou eendag weer
Met die Internet kan ons nog kommunikeer

Ek mis die Dinsdagaand movies by die Brooklyn Mall
Ek mis die stoeigeveg sessies as ek oor jou rol
Ek mis die Sally Williams nougat by die Groenkloof Spar
Ek mis die lekker sagte leerseats van jou nuwe kar
Ek mis die koffie met die skuim op en jou stywe jeans
Ek mis die vat van jou hande in 'n movie scene
Ek mis jou naam op my foon en jou SMS
Ek mis jou mond en jou hande en ook al die res
Ek mis die Sondagoggend breakfast en jou DSTV
Ek mis jou liefde jy't belowe jy vir my nog sou gee

Die golwe weet waar breek die branders
Hulle dink hulle’s vry
Die wolke wentel in die hemel maar
Op die winde moet hul ry

Dis vroeg in die dag op Blouberg se strand
Die wind gaan nog waai die son gaan nog brand
Maar dis koel na die lang nag
En ons groet die dag

Goeiemore my sonskyn
Goeiemore my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind

Die sand sal ons skroei en die strale sal brand mmm
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand

Goeiemore my sonskyn
Goeiemore my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind

Die sand sal ons skroei en die strale sal brand mmm
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand
Blouberg se strand
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Liedjie Vir Jou Medley lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the padlock
2| symbol at the bottom of the star
3| symbol at the top of the cross
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid