song lyrics / Elvis Blue / Skepe lyrics  | FRen Français

Skepe lyrics

Performer Elvis Blue

Skepe song lyrics by Elvis Blue official

Skepe is a song in Afrikaans

Gebore op 'n sonskyn oggend dit was die tweede Mei
Ja hy het die appel van sy ma se oë gekry
So kom ons in die lewe in 'n wêreld vol seer kry
En so kan nie een van ons onskuldig bly

Eerste dag op skool sit hy daar lanks Minette Bruwer
Met haar bloed rooi wange en mooi stukkies in haar hare
Jong liefde trek mens nader, jong liefde los mens ver
Toe sien hy hoe sy hart daar by haar voete lê in skerwe

Net so was alles weg soos skepe op die see
Soos die wind uit by die deur soos die verlede
Alles weg
O hy wou so graag terug gaan maar hy was alreeds te ver

Op hoërskool kry hy puisies
Moet hy in die koshuis stort
Sê hy totsiens vir kind wees ja hy moes so gou man word

Hy gaan swot BCom Rek
Dis wat sy pa wou hê
Groot wees is nie vir dromers is al wat hy gesê het

Net so was alles weg soos skepe op die see
Soos die wind uit by die deur soos die verlede
Alles weg
Ja hy wou so graag terug gaan maar hy was al reeds te ver

En in sy twintigs sien hy haar en die liefde het gebrand soos vuur
Die seremonie bietjie meer as net 'n uur
Vier kinders later 'n huis en 'n stoep en 'n kat en 'n hond en 'n muur
En soveel hoop, soveel hoop maar een aand het hy te ver geloop

Een oomblik kan alles omkeer
Hy los sy sleutels in die deur
Familie uit mekaar geskeur

En so was alles weg soos skepe op die see
Soos die wind uit by die deur soos die verlede alles weg
Alles weg
Alles weg o alles weg
Ja hy wou so graag terug gaan maar hy was al reeds te ver

Alles weg soos skepe op die see
Soos die wind uit by die deur soos die verlede alles weg
Ja hy wou so graag terug gaan maar hy was al reeds te ver

Elke mens het sy voute
Elke een 'n pad om te stap
Ek kyk weer na jou
Met nuwe oë sien ek jou raak

Elke mens het sy voute
Elk een 'n pad om te stap
Ja ek kyk weer na jou
Met nuwe oë sien ek jou raak

Net so was alles weg soos skepe op die see
Soos die wind uit by die deur soos die verlede
Alles weg
Alles weg
Alles weg o alles was weg

O hy wou so graag terug gaan maar hy was al reeds te ver
Soos skepe op die see
Soos die wind uit by die deur soos die verlede
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Skepe lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the heart
2| symbol at the top of the television
3| symbol at the bottom of the thumbs up
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid