song lyrics / Elvis Blue / Werner lyrics  | FRen Français

Werner lyrics

Performer Elvis Blue

Werner song lyrics by Elvis Blue official

Werner is a song in Afrikaans

In die Heksrivier vallei
Het my vriend Werner gebly
Tussen berge het hy groot geword
As kind het hy nooit niks gekort

Eintlik maar 'n swerwer
Wat nooit niks kon vashou
Sou alles gee vir 'n lekker tyd in die arms van 'n lekker vrou
Hy was maar net daai tipe ou

Hy was soos 'n laat nag wind
Werner was 'n stoute kind
In sy ma se oë kon jy dit sien
Daai seerkry het sy nooit verdien

Die tannie was 'n goeie vrou
Almal het van haar gehou
Maar sy het so gou grys geword
Coz Werner never loved the Lord
He only cared about his Ford

Toe een aand op 'n grys highway
Het Werner met sy Ford gaan ry
Hy't skielik op die pad gegly en so het hy vlerke gekry
Hy kon net nie by ons bly

Die begrafnis het my hart gebreek
Die strate voel vir my so leeg
Frikkadelle en 'n stukkie koek
Dit lyk my al wat mense soek

Eendag jare later ry ek deur die drywe
Dink ek aan al die lywe en al my verkeerde skuiwe
Toe stop ek by die ouetehuis
Daar sit die tannie nog net so grys
Toe druk sy my so teen haar bors
Daai laaitjie het haar als gekos

Toe druk sy my so teen haar bors
Net 'n ma sal die pyn ken
En ek hou haar vas met als in my
Daar was niks wat ek kon sê
Daar was niks wat ek kon sê (Sê daar was niks wat ek kon sê)
Sê daar was niks wat ek kon sê
Sê daar was niks wat ek kon sê

O hy was soos 'n laat nag wind
Werner was 'n stoute kind
In sy ma se oë kon jy dit sien
Daai seerkry het sy nooit verdien

Hy was soos 'n laat nag wind
Werner was 'n stoute kind
In sy ma se oê kon jy dit sien
Daai seerkry het sy nooit verdien
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Werner lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the television
2| symbol to the left of the camera
3| symbol at the bottom of the target
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid