song lyrics / 2008 South Africa / Was Ek Maar 'n Digter lyrics  | FRen Français

Was Ek Maar 'n Digter lyrics

Performers 2008 South AfricaTwenty9J WesselsThree

Was Ek Maar 'n Digter song lyrics by 2008 South Africa official

Was Ek Maar 'n Digter is a song in Afrikaans

Was ek maar 'n digter, sou ek dalk kon beskryf
Wat jy aan my doen
En hoe ek oor jou voel

In gewone taal mag dit klink
As of ek oordryf
As ek probeer hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel

Ek sal jou liefhê tot die hane ophou kraai
Tot die leeu en die lam bymekaar gaan lê
Totdaar stilte oor die aarde kom en die wind nie langer waai
Totdaar gras aan die hemelruim groei sal ek jou liefhê

Totdat al die woorde van my tong verdwyn
Tot die oë beskaam en die son niemeer wil skyn
Tot die berge wegsink in die see, en vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank, my liefling, ek jou sal liefhê

Dis jy wat my in gedagtes kan wegvoer
Na die maan en die sterre wat deur my venster loer
Jy's die warm van 'n kaggelvuur
Die sprank van vonkelwyn
En die son wat die mis lae soggens laat verdwyn

Ek is net 'n mens en my swakheid lê by jou
Hart en siel gee ek, daar is niks wat ek weerhou
Net voor die woorde opraak is daar iets
Wat ek nog moet sê
Vir ewig liefling, sal ek jou liefhê

Tot die berge wegsink in die see, en vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank, my liefling, ek jou sal liefhê
Dis hoe lank, my liefling, ek jou sal liefhê
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Was Ek Maar 'n Digter lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the heart
2| symbol to the left of the cross
3| symbol to the right of the helmet
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid