paroles de chanson / Touch Of Class parole / Weskus Se Kind lyrics  | ENin English

Paroles de Weskus Se Kind

Interprète Touch Of Class

Paroles de la chanson Weskus Se Kind par Touch Of Class lyrics officiel

Weskus Se Kind est une chanson en Afrikaans

Hulle sê ek's my ma s'n
Maar ek weet ek is Weskus se kind
Namaqua se hart laat my leef
Laat my blom in die wind

En in Boesmanland kan jy jou bere
Tot jou hart weer sy vreugde kan vind
Want die Weskus se bloed is dikker as water
En die Hantam se liefde is blind

Ek was al 'n keer ook in Londen
Daar was niks om te kry of te gee
'n Hamburger kos daar byna soveel
Soos 'n skuit vol snoek uit die see

In Amerika sing hulle country
Maar die hartseer het my daar gevang
Toe die manne so sing van die prairie
Het my hart na die Weskus verlang

Hulle sê ek's my ma s'n
Maar ek weet ek is Weskus se kind
Namaqua se hart laat my leef
Laat my blom in die wind

En in Boesmanland kan jy jou bêre
Tot jou hart weer sy vreugde kan vind
Want die Weskus se bloed is dikker as water
En die Hantam se liefde is blind

Daar is maar net een plek vir my kaalvoet
Vir my hart en my siel en my gees
Maar lank voor die Kaap nog die Kaap was
Was die Weskus al die Weskus gewees

Ek wil eendag weer terug gaan vir altyd
As die lewe se storms my los
In die oggend gaan soek ek die blomme
Vra die see vir 'n klein bietjie kos

Hulle sê ek's my ma s'n
Maar ek weet ek is Weskus se kind
O Namaqua se hart laat my leef
Laat my blom in die wind

En in Boesmanland kan jy jou bere
Tot jou hart weer sy vreugde kan vind
Want die Weskus se bloed is dikker as water
En die Hantam se liefde is blind

Ja die Maskan se bloed is dikker as water
En die Hantam se liefde is blind
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Weskus Se Kind

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du nuage
2| symbole à gauche de l'horloge
3| symbole en bas du téléviseur
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid