paroles de chanson / Richard Van Der Westhuizen parole / Stukkend lyrics  | ENin English

Paroles de Stukkend

Interprètes Richard Van Der WesthuizenLochner De Kock

Paroles de la chanson Stukkend par Richard Van Der Westhuizen lyrics officiel

Stukkend est une chanson en Afrikaans

Dis skemer Sondagmiddag
En die blues byt aan my keel
Dis skemer Sondagmiddag
Min of meer bly niks meer real

Die donker is ‘n weggooibrak
Wat aan my hart se deur bly krap
Die donker wat verbete stap
En spore oor my hart bly trap

O ek verlang ek verlang my stukkend
‘n Naamloos klein geluk glip deur my vingers
Ek wil riviere vas kan vat die see se dreuning teen my hou
Elke woord van jou onthou maar alles bly
Alles bly so blou
So rou

Dis skemer Sondagmiddag
En die blues byt aan my keel
Dis skemer Sondagmiddag
Nog ‘n week is klaar verbeel

Die son is weg die nag neem oor
En die donker raak ‘n ou kombers
Ek druk my kop diep in die nag
Sal stories ooit hul sin verloor?

O ek verlang ek verlang my stukkend
‘n Naamloos klein geluk glip deur my vingers
Ek wil riviere vas kan vat die see se dreuning teen my hou
Elke woord van jou onthou maar alles bly
Alles bly so blou (So blou)
So rou

Dis skemer Sondagmiddag
En die blues byt aan my keel
Ek probeer jou hande vasgryp met die sekelmaan se geel

Die honde wat daar vêrlangs blaf is ‘n lankvergete brief
Hulle skryf hul waansin deur die nag hulle blaf ek het jou lief
So lief

O ek verlang ek verlang my stukkend
‘n Naamloos klein geluk glip deur my vingers
Ek wil riviere vas kan vat die see se dreuning teen my hou
Elke woord van jou onthou maar alles bly (So blou)
Alles bly so blou (So blou)
So rou
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Stukkend

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de l'ampoule
2| symbole en haut de la loupe
3| symbole à droite de la poubelle
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid