paroles de chanson / Richard Van Der Westhuizen parole / Jou Kombers lyrics  | ENin English

Paroles de Jou Kombers

Interprètes Richard Van Der WesthuizenLochner De Kock

Paroles de la chanson Jou Kombers par Richard Van Der Westhuizen lyrics officiel

Jou Kombers est une chanson en Afrikaans

Partykeer word ek wakker in die middel van die nag
Verjaag die duisend spoke wat om my bed staan en lag
Daar’s gesigte in die skaduwees wat spook in die plafon
Gesigte wat my vaskeer in die bodem van ‘n drom
En ek draai my oë weg van die spieël
‘n Vreesbevange imbesiel

In die klere oor die stoel in die donker by die deur
Staan ‘n onbekende man sy gesig is toegesmeer
In die blits van elke weerlig in die slag van elke straal
In die sweef van elke lem klink ‘n onbekende stem
En ek draai my oë weg van die spieël
‘n Vreesbevange imbesiel

Jy kan sê wat jy wil jy kan doen wat jy wil
Wanneer raak die stemme stil?
En ek rol my toe in die voue van jou liefde se laslap donskombers
En ek rol my toe en die koue vlam van die oë in elke lappie van jou kombers
Jou kombers

Brandende oë in bleek wit gesigte in elke bitter lappie in jou kombers
Liefdevolle lappies vol liefde vasgenaai
Klewerig en taai in jou kombers

Daar’s ‘n man vir elke lappie
En elkeen vat ‘n happie van die deurgetrapte grappie in jou kombers
Jou kombers
Jou kombers

Wat doen jy om die lappies uit jou lewe uit te kry?
Wat doen jy as die koue soos ‘n vuur in jou gety?
Dit brand hier binne my ek’s verlore teen die vuur
Ek stamp my kop in dodelike reel maar teen die muur
En ek draai my oë weg van die spieël
‘n Vreesbevange imbesiel

Dis ‘n ongewone liefde as die liefde jou verteer
En die sykant van die woede is ‘n sinnelose seer
En ek rol my toe in die voue van jou liefde se laslap donskombers
En ek rol my toe en die koue vlam van die oë in elke lappie van jou kombers
Jou kombers

Brandende oë in bleek wit gesigte in elke bitter lappie in jou kombers
Liefdevolle lappies vol liefde vasgenaai
Klewerig en taai in jou kombers

Daar’s ‘n man vir elke lappie
En elkeen vat ‘n happie van die deurgetrapte grappie in jou kombers
Jou kombers
Jou kombers

Brandende oë in bleek wit gesigte in elke bitter lappie in jou kombers
Liefdevolle lappies vol liefde vasgenaai
Klewerig en taai in jou kombers

Brandende oë in bleek wit gesigte in elke bitter lappie in jou kombers
Liefdevolle lappies vol liefde vasgenaai
Klewerig en taai in jou kombers

Daar’s ‘n man vir elke lappie
En elkeen vat ‘n happie van die deurgetrapte grappie in jou kombers
Jou kombers
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Jou Kombers

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas du pouce en l'air
2| symbole en haut de l'oeil
3| symbole en bas du téléviseur
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid