paroles de chanson / Neil Somers parole / Hierdie Hande lyrics  | ENin English

Paroles de Hierdie Hande

Interprète Neil Somers

Paroles de la chanson Hierdie Hande par Neil Somers lyrics officiel

Hierdie Hande est une chanson en Afrikaans

Ek sien hoe Oupa eendag na sy hande sit en staar
So asof hy sy lewe daarin sien
Hy vra het ek al regtig na my hande gekyk?
En vertel hoe het sy hande hom gedien

Dié hande is vol plooie
Swak en was al mooier
Dit het klere aan my lyf gesit en kos in my mond

Hierdie hande het gewerk
Was jare terug ook sterk
En saam gevou as ek bid in God se kerk

In dié hande wat so bewe
Sien ek my hele lewe
Goed en kwaad sal die hande ken

Hierdie hande het die lewe
Al gesien
Hierdie hande het my dag se brood verdien

Hierdie hande was al stukkend
Seer en vol bloed
En elkedag na hardewerk ook rou

Aan my vinger was my trouring
Bewys ek was getrou
En het my kinders by geboorte vasgehou

My hande het gebewe en geskud toe ek my pa
Na sy laaste lêplek in sy houtkis dra

In dié hande wat so bewe
Sien ek my hele lewe
Goed en kwaad sal die hande ken

Hierdie hande het die lewe
Al gesien
Hierdie hande het my dag se brood verdien

Dié hande het my skoongemaak en my trane weggesteek
Toe die droogte net te erg raak en die wolke nie wou breek
Dié hande het my kinders grootgemaak met sweet en bloed
Met hierdie hande gaan ek Jesus groet

In dié hande wat so bewe
Sien ek my hele lewe
Goed en kwaad sal die hande ken

Hierdie hande het die lewe
Al gesien
Hierdie hande het my dag se brood verdien

Hierdie hande het die wêreld
Al ontmoet
En met hierdie hande gaan ek Jesus groet
Met hierdie hande sal ek Jesus groet
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Hierdie Hande

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche du pouce en l'air
2| symbole en haut de l'oeil
3| symbole à gauche du nuage
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid