paroles de chanson / Dozi parole / Toe Die Engel can Die Water Raak lyrics  | ENin English

Paroles de Toe Die Engel can Die Water Raak

Interprètes DoziNádine

Paroles de la chanson Toe Die Engel can Die Water Raak par Dozi lyrics officiel

Toe Die Engel can Die Water Raak est une chanson en Afrikaans

Ek het mooi gevra
gebedel by die hemel
ek't my Pa gevra
vir ‘n been wat pas
in my ribbekas
om die legkaartstukke in te las
daar waar die gate was

my lyf het gedryf in die dooie see
jy't die fakkels in die donker vir my aangegee
my losgemaak uit die doringdraad
toe die engel met haar hande aan die water raak

ek het verdwaal op eenspoor-paaie
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water

Hy het jou gestuur
tot in die koue van my eenman-vuur
gemeet gepas - aan my flenterjas
jou ingelas met Sy waterpas
daar waar die gate was

jy't my opgetel langs my slingervel
toe die reuse in my kop hulle geld kom haal
jy't my oorvertel in n volverhaal
met die bloed van jou trane hulle terugbetaal

ek het verdwaal op eenspoor-paaie
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water

ek't aanhou bloei deur die verbande
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water

jy't gesê die sand val deur ons hande
ek en jy
die hemel het my bedelbrief gekry

ek't mooi gevra
gebedel by die hemel - ek't my Pa gevra
vir ‘n ribbekas waarin ek sou pas
om die legkaartstukke in te las
daar waar die gate was

ek het verdwaal op eenspoor-paaie
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water

ek't aanhou bloei deur die verbande
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Toe Die Engel can Die Water Raak

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du nuage
2| symbole à gauche du pouce en l'air
3| symbole en bas du cadenas
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid