paroles de chanson / Adam Tas parole / Sonja Heroldt Medley lyrics  | ENin English

Paroles de Sonja Heroldt Medley

Interprètes Adam TasAndrietteKurt DarrenNicholis Louw

Paroles de la chanson Sonja Heroldt Medley par Adam Tas lyrics officiel

Sonja Heroldt Medley est une chanson en Afrikaans

Jantjie kom huis toe
Katryntjie wag op jou
Jantjie kom huis toe
Die Kaap is leeg sonder jou

Oh my ghantam van die Onderkaap
As die mammies op hulle hakke loop
Wie kan dit dan hou my dear
Wie kan dit dan hou?
Neem my hand en vat my saam na die Dixieland vanaand
Ou Jantjie van die Onderkaap

Waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies van die Kaap
Maak die bredie net soos in die Wynland
En sê jy is baie lief vir my voor jy gaan slaap

Daardie wind waai weer by my voordeur in
Hy maak my hart weer lekker sing
En dis gaaf om die Kaap weer dag te sê

En ek vat jou saam na die koringland
Wie ry saam as my hart so brand
Dit is lekker om die Boland lief te hê

Laat ons deur die duine loop
By die parade iets gaan koop
As die wind koud waai laat ek eers jou jas vasknoop

Want daar is waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies van die Kaap
Maak die bredie net soos in die Wynland
En sê jy is baie lief vir my voor jy gaan slaap

O ek verlang na jou
Na die winde wat sy arms om my vou
So verlang ek as die son en die maan en die wind
En die wolke oor my gaan

Verlang jy ook na my
Daar waar jy nou in die verrelande bly?
En verlang jy as die son en die maan en die wind
En die wolke oor jou gaan?

O ek verlang na jou
Na die winde wat sy arms om my vou
So verlang ek as die son en die maan en die wind
En die wolke oor my gaan

Verlang jy ook na my
Daar waar jy nou in die verrelande bly?
En verlang jy as die son en die maan en die wind
En die wolke oor jou gaan?

Waai wind
Bring haar terug na my
Waai wind
Bring haar terug na my

Umfaan sy roep na jou
Umfaan sy is lief vir jou
Umfaan dis haar hart onthou
Umfaan bayete umfaan
Umfaan bayete umfaan

Hardloop na die waters van die groot Umfolozi
Daar wag die mooiste meisie vanaand
Gebruik hierdie muti so sê nyanga
Gaan haal haar by die sekelmaan
Gaan haal haar by die sekelmaan

Umfaan sy roep na jou
Umfaan sy is lief vir jou
Umfaan dis haar hart onthou
Umfaan bayete umfaan
Umfaan bayete umfaan

Bring vir die harlekyn nog wyn
Rooi wyn vir sy lag en trane en pyn
Want hy wys ons die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai

Bring vir die harlekyn nog wyn
Rooiwyn vir sy lag en trane en pyn
Want hy wys ons die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai

Daar's 'n trein
Daar's 'n trein
Daar's 'n trein
Die trein na Matjiesfontein

Ou Milly se stoomkoperketeljie blink
Halfpad deur die droë Karoo
Met die Kimberley se spoor ver agter haar
En die son wat lag hoog bo

Ou Milly se stoomkoperketeljie blink
Langs die blinkgetrapte spoorlyn
Aan die eenkant wink die Gamkaberge
En daar voor wag Matjiesfontein

Daar's 'n trein
Daar's 'n trein
Daar's 'n trein
Die trein na Matjiesfontein

Daar's 'n trein
Daar's 'n trein
Daar's 'n trein
Die trein na Matjiesfontein
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Sonja Heroldt Medley

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas de l'horloge
2| symbole en haut de la croix
3| symbole à droite du nuage
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid