song lyrics / Tannie Riana / Ons Gaan Dorp Toe lyrics  | FRen Français

Ons Gaan Dorp Toe lyrics

Performer Tannie Riana

Ons Gaan Dorp Toe song lyrics by Tannie Riana official

Ons Gaan Dorp Toe is a song in Afrikaans

Ons gaan dorp toe om inkopies te doen
Sê vir almal groete en gee vir Ouma 'n soen

Nou gaan ons huppel, huppel, huppel, huppel, huppel soos ons loop
'n Mandjie, mandjie in die handjie vir alles wat ons gaan koop

Goeie more meneer kruidenier, hoe gaan dit nog met jou?
Nie te sleg nie dankie en wat kan ek doen vir jou?
Gee my suiker, meel en koffie
Ja, ja daars daars seker nog iets meer
Nee, niks meer nie, dankie
Net my beursie uithaal om geld te betaal
Want more kom ons weer

Nou gaan ons huppel, huppel, huppel, huppel, huppel soos ons loop
'n Mandjie, mandjie in die handjie vir alles wat ons gaan koop

Goeie more meneer slagter, hoe gaan dit nog met jou?
Nee, nie te sleg nie dankie dogtertjie en wat kan ek doen vandag vir jou?
Gee my ribbertjies en boerewors
Meneer sal seker raai
Hehe, ja ek kan
Julle is seker van plan
Om buite lekker te braai (Hahahaha)

Nou gaan ons huppel, huppel, huppel, huppel, huppel soos ons loop
'n Mandjie, mandjie in die handjie vir alles wat ons gaan koop

Goeie more meneer groente handelaar, hoe gaan dit nog met jou?
Wel, nie te sleg nie dankie, uh,wat, wat kan ek doen vir jou?
Gee my druiwe, naartjies, piesangs
En 'n heerlike waatlemoen
'n Appel, 'n peer, perske, wortels, pynappels, appels, piesangs, 'n heerlike pampoen?
O nee, niks meer nie, dankie
Daar's nog inkopies te doen

Nou gaan ons huppel, huppel, huppel, huppel, huppel soos ons loop
'n Mandjie, mandjie in die handjie vir alles wat ons gaan koop

Goeie more meneer winkelier, goeie more dogtertjie en wat vandag vir jou?
Ek wil lekkers koop, maar daar's te veel waarvan ek hou
Wel, daar is sjokolade, tamaletjie, suigstokkie, kougom, nickerball
Toe, toe, wat is na jou sin?
Ag dit maak 'n mens vies
As jy ietsie moet kies
En die geldjies is maar min

Nou gaan ons huppel, huppel, huppel, huppel, huppel soos ons loop
'n Mandjie, mandjie in die handjie vir alles wat ons gaan koop

Goeie more meneer vis koper en hoe gaan dit nog met jou?
Hey madam, nee nie te sleg nie madam, wat kan ek doen vir die madam vandag?
Gee vier of vyf vars harders
Ja lekker vars harders en lekker sardiens
O, baie, baie dankie!
Nou't ons klaar gekoop, ek dink ons kan nou maar loop
Totsiens, totsiens, totsiens.

Nou gaan ons huppel, huppel, huppel, huppel, huppel soos ons loop
'n Mandjie, mandjie in die handjie vir alles wat ons gaan koop

Jip!
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Ons Gaan Dorp Toe lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the helmet
2| symbol at the bottom of the target
3| symbol at the top of the house
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid