song lyrics / Hugo / Twee Sagte Hande lyrics  | FRen Français

Twee Sagte Hande lyrics

Performer Hugo

Twee Sagte Hande song lyrics by Hugo official

Twee Sagte Hande is a song in Afrikaans

Twee sagte hande
Twee sagte hande
Twee sagte hande
Wat jou heelnag wil streel

My hande is skurf, vol eelte gewerk
Ek doen wat ek doen, ek het min om te sê
As ek kyk na die wêreld lyk dinge maar skeef
Maar my stene is stewig en reguit gelê

My bakkie is oud maar hy vat elke keer
My hand ken ‘n hammer, blou draad en teer
As ek kyk na die wêreld dan soek ek my tang
Want my drade loop reguit ordentelik gespan

My vingers is dik, my duime te groot
En dan is ek boonop hardegat ook
Maar as jy my kom kielie hier onder my keel
Het ek twee sagte hande wat jou heel nag wil streel

Twee sagte hande
Twee sagte hande
Twee sagte hande
Wat jou heelnag wil streel

My huis is my eie, my bank balanseer
Ek het menige fights al met my vuiste gekeer
Ek het vrede met die wêreld, ‘n eerbare man
Praat tot ‘n punt en dan praat ek nie meer nie

Mense praat baie, praat aanmekaar
Ek sê wat ek sê en dan praat ek klaar
Jy is die muur wat ek nog altyd wou bou
Want jy loop ook reguit en dis waarvan ek hou

My vingers is dik, my duime te groot
En dan is ek boonop hardegat ook
Maar as jy my kom kielie hier onder my keel
Het ek twee sagte hande wat jou heel nag wil streel

Maar as jy my kom kielie hier onder my keel
Het ek twee sagte hande wat jou heel nag wil streel (Heel nag wil streel)

Twee sagte hande
Twee sagte hande
Twee sagte hande
Wat jou heelnag wil streel

Twee sagte hande
Twee sagte hande
Twee sagte hande
Wat jou heelnag wil streel
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Twee Sagte Hande lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of magnifying glass
2| symbol to the left of the helmet
3| symbol at the bottom of the calculator
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid