song lyrics / Drakensberg Seunskoor / Hierdie Kind lyrics  | FRen Français

Hierdie Kind lyrics

Performers Drakensberg SeunskoorJan de Wet

Hierdie Kind song lyrics by Drakensberg Seunskoor official

Hierdie Kind is a song in Afrikaans

Wie sou kon dink dat eeue terug
Soos die profete sê
In Betlehem 'n Kind sou kom wat in 'n krip sou lê

En wie sou kon dink dat hierdie Kind, Maria en Josef se seun
Die sonde van hierdie wêreld op Homself sou neem

En wie sou kon glo dat hierdie Kind wat lag, en speel, en sing
Vir al Sy maatjies in die buurt en vir ons die lig sou bring

En wie sou kon droom dat hierdie Kind die wonder laat gebeur
Dat dooies opstaan en dowes hoor en sondaars hul bekeer

En wie sou kon raai dat hierdie Kind vir die wêreld se pyn en nood
As Verlosser aan 'n kruis sou sterf en opstaan uit die dood

En o ek weet, ek weet dit gewis, dat hierdie Kind die Redder is
En o ek glo, ek glo dit gewis, dat hierdie Kind ons hoop en redding is

Soos die jare kom en gaan
Sedert daardie dag
Soek die mensheid steeds na lig, nog nooit was dit só nag

Volke veg teen volke
Een broer teen 'n ander
Wit teen swart, en swart teen wit, dit het nog nooit verander

En soveel mense wêreldwyd
Leef steeds in hongersnood
En atoombomme, en vigs, en aborsies maak miljoene mense dood

En die dwaasheid van die mensheid word die wysheid van die uur
En strome vuil besoedeling
Vernietig die natuur

Maar ten midde van al die chaos wat ons glad nie meer kan keer
Weet my hart verseker
Hierdie Kind kom weer

En o ek weet, ek weet dit gewis, dat hierdie Kind die Redder is
En o ek glo, ek glo dit gewis, dat hierdie Kind ons hoop en redding is

Wie sou kon dink dat hierdie Kind weer eendag terug sal keer
Om as Regter te kom oordeel en as Koning te regeer

Verstaan jy nou, o kan jy sien wie hierdie Kindjie is
Dat Hy die Regter, die enigste hoop vir hierdie wêreld is
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Hierdie Kind lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the camera
2| symbol to the left of the house
3| symbol at the bottom of the trash
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid